Hoërskool Jan van Riebeeck bied vanaf 5 tot 8 Augustus, in samehang met ons Kultuurweek, ‘n Kunsfees/Eisteddfod aan. Hierdie fees sluit Musiek (Instrumentaal en Vokaal), Voordrag en Toneel, Visuele Kuns, Fotografie en Kreatiewe Skryfwerk in. Spesialiste in hierdie velde sal tydens die fees as beoordelaars optree.
Die skakelpersone vir inskrywings is as volg:
- Musiek: Dr. Hughes (lestie.hughes@janvanriebeeck.co.za)
- Voordrag en Toneel: Mev. Taljaard (sanet.taljaard@janvanriebeeck.co.za)
- Fotografie: Mej. Venter (cara.venter@janvanriebeeck.co.za)
- Visuele Kuns: Mev. Van Wyk (sophia.vanwyk@janvanriebeeck.co.za)
- Kreatiewe Skryfwerk: Afrikaans – Mej. Raath (corine.raath@janvanriebeeck.co.za) / Engels – Mnr. Claassen (renier.claassen@janvanriebeeck.co.za) tot die einde van die 2de kwartaal en Mev. Basson (mariska.basson@janvanriebeeck.co.za) aan die begin van volgende kwartaal.
Die formele sluitingsdatum vir Musiek- en Voordrag/Toneel-inskrywings is 27 Junie, hoewel inskrywings tot en met 4 Julie aanvaar sal word.
Die sluitingsdatum vir Visuele Kuns-, Fotografie- en Kreatiewe Skryfwerkinskrywings is 23 Julie. Kunswerke, foto’s en skryfstukke moet egter teen 25 Julie vir beoordeling ingehandig word.
Inskrywingsfooie sal vroeg volgende kwartaal met behulp van Karri ingevorder sal word en beloop R60 vir alle individuele inskrywings.
Vir meer inlgting volg die skakel vir die volledige inligtingsboekie.