Welkom by die Hoërskool Jan van Riebeeck-koor! Ons is verheug dat jy by ons aansluit as deel van hierdie spesiale musikale familie. Om ‘n lid van hierdie koor te wees, is beide ‘n voorreg en ‘n opwindende geleentheid om deel van iets werklik wonderlik te wees. Ons sal saam pragtige musiek maak, blywende herinneringe skep en groei as kunstenaars en individue.
Ons gereelde oefeninge vind elke Woensdagmiddag vanaf 16:00 tot 18:00 plaas. Vir tenore en basse is daar Dinsdagoggende van 07:00 tot 07:45 oefening, en vir Soprane en Alte Donderdagoggende van 07:00 tot 07:45.
Ons is ook opgewonde oor die koorkamp op Vrydag, 7 Februarie, en Saterdag, 8 Februarie. Dit sal ‘n fantastiese kans wees om die musiek wat ons saam skep te bind, te leer en te geniet. Die kamptye is as volg:
- Vrydag: 15:00 tot 19:00
- Saterdag: 09:00 tot 14:00
Die kamp vind op die skoolterrein plaas.
Ons sien daarna uit om saam met julle almal pragtige musiek te maak!
Mnr Bezuidenhout en die Koorspan