Alle ouers van leerlinge wat individuele musieklesse by Welgemeend of as deel van hul skoolprogram doen, word uitgenooi na ‘n inligtingsaand op Woensdagaand, 5 Februarie, om 18:00 in die skoolsaal.

Ons gebruik hierdie geleentheid, wat nie langer as ‘n uur sal duur nie, om ‘n oorsig van die musiekprogram te bied, vrae te beantwoord en u voor te stel aan die musiekpersoneel.

Hoop om u daar te sien!

0 Shares
X