Stel jy belang in ‘public speaking’? Dit is die Engelse weergawe van redenaars en bied vir leerders ‘n platform om hul praatvaardighede en selfvertroue in Engels te verskerp. Om jouself goed oor te dra en met selfvertroue voor ‘n gehoor te kan praat, is ‘n kragtige vaardigheid wat baie waardevol is, nie net in die skoolomgewing nie, maar ook in die wêreld van werk.
Indien jy belangstel om deel te vorm van hierdie groep, en selfs kans sien om aan ‘n kompetisie of twee deel te neem, kom gesels asseblief met Me. Bianca de Villiers by die skool.
Die eerste ‘public speaking’ kompetisie is ‘n aanlyn kompetisie, genaamd Oppie Tong Af.  Volg die onderstaande skakels vir meer inligting oor die kompetisie:
“If you can speak, you can influence. If you can influence, you can change lives.” R. Brown
0 Shares
X