Moenie verder kopkrap oor HOE om ‘n toespraak te skryf nie – Die ATKV kom tot u redding met ‘n opwindende opleidingsgeleentheid.
Kom kry die nodige hulp en gereedskap deur te registreer vir die virtuele sessie wat op 1 Februarie (08:00- 11:00) aangebied word.
Registreer hier vir die Virtuele skryfwerkswinkel vir ATKV-Redenaars: https://zfrmz.com/c0WfwWn1MbRpt4sG3DC2 Meer inligting is beskikbaar by https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/redenaars/
Hiermee ook ‘n vriendelike herinnering van die interne redenaarskompetisie wat op die 12de Maart 2025 sal plaasvind. Die ATKV-uitdunne sal op 22-23 April 2025 plaasvind.
Volg gerus die skakel na die nuutste ATKV-Redenaars 2025 Deelnemersgids om te sien hoe só ‘n toespraak moet lyk.
2025 TEMAS:
Graad 8 en 9
- Klatergoud
- Vergelyk
- Mengelmoes
Graad 10-12
- Debakel
- Agenda
- Wentelbaan
Goed begonne, is half gewonne … Voorspoed met die skryf!