Ons Kultuurweek volgende kwartaal skop Maandagaand, 4 Augustus, om 18:00 met die Tafelberg Koorfees af. Hierdie opwindende geleentheid sal in ons skoolsaal plaasvind. Die deelnemende kore is as volg: Laerskool Excelsior, Laerskool Courtrai, Laerskool Fanie Theron, Laerskool Jan van Riebeeck (Junior en Senior) en Hoërskool Jan van Riebeeck. Die aand word met ‘n massakoor-item onder leiding van ons koordirigent, mnr. Pieter Bezuidenhout afgesluit. Kaartjies vir die koorfees sal vanaf vroeg volgende kwartaal op Quicket beskikbaar wees.