Die oomblik is byna hier – groot atletiek vind volgende Vrydag, 7 Februarie, plaas! Ons kan nie wag om al ons talentvolle atlete op die baan te sien nie. Hierdie jaar het ons iets besonders om na uit te sien – Hoërskool Jan van Riebeeck is vir die eerste keer uitgenooi om deel te neem aan die Paarl Uitnodigingsbyeenkoms! Ons span gaan die stryd aan teen ‘n paar van die beste skole in die land. So kom ons maak die dag ‘n onvergeetlike een.
Skole teen wie ons gaan deelneem in die seunsafdeling:
  • Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai)
  • Paul Roos
  • Paarl Gimnasium
  • Rondebosch
Skole teen wie ons gaan deelneem in die meisie-afdeling:
  • Hoër Meisieskool Paarl
  • Bloemhof
  • Paarl Gimnasium
  • La Rochelle
Reisplan:
Die busse met ons geesspan en atlete sal direk na skool vertrek na die Paarl.
Almal is welkom!
Ons nooi alle oudstudente, ouers, oumas, oupas, en die hele JvR-familie om saam te kom kuier en te ondersteun. Die byeenkoms gaan plaasvind by Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) se atletiekbaan, Brugstraat. Die aksie begin om 16:30 en sal teen 22:00 eindig.
’n Aand Vol Eerstes!
Ons kan nie wag om die eerste keer deel te wees van hierdie legendariese byeenkoms nie. Met ‘n vol pawiljoen agter ons atlete, weet ons dat niks ons gaan stop nie! Wees daar – jy gaan definitief spyt wees as jy nie deel is van die aksie nie.
Kom maak hierdie aand onvergeetlik! Ons sien uit na ‘n fantastiese byeenkoms vol atletiek, geesdrif en ondersteuning van ons JvR-familie.
2 Shares
X