Ons skop die jaarlikse interskole atletiek af met die 3000m-items op Maandag, 24 Februarie 2025 by Stellenbosch Hoërskool.

  • 🚌 Busse vertrek om 11:00 en sal na afloop van die byeenkoms om 17:00 terugkeer.
Dinsdagoggend, 25 Februarie 2025, sien ons uit na ‘n vroeë oggend vertrek na Coetzenburg, waar ons met ons hele skool gaan deelneem!
  • 🚌 Busse vir dirigente en Rassieleiers vertrek reeds om 05:30.
  • 🚌 Busse vir atlete en paviljoene vertrek om 06:00.
  • 🚌 Ons beoog om teen 20:00 vanaf Stellenbosch terug te keer, sodra die byeenkoms afgehandel is. (ons sal julle op hoogte hou op die skool se WhapsApp kommunikasie.)
Alle besonderhede is vervat in die dokumentasie / program wat ons van Hoërskool Vishoek, ons gasheer vir die dag ontvang het. Ons atlete het reeds die WP Tafelbaai Sone se Afdeling A verower hierdie jaar, en ons sien uit na nóg ‘n uitsonderlike vertoning!
Ouers en ondersteuners is welkom om die byeenkoms by te woon, maar onthou asseblief dat dit ‘n kontantlose geleentheid is – Yoco-betalings sal beskikbaar wees.
Dankie aan almal vir jul ondersteuning – kom ons maak hierdie dag onvergeetlik!
Jan van Riebeeckers – Geen DNA, net JvR!
0 Shares
X