Ons is opgewonde om aan te kondig dat Hoërskool Jan van Riebeeck ‘n semi-borgskap met PVM Nutrition aangegaan het! Dit beteken dat ons leerders en hul ouers nou 17.5% afslag op PVM-produkte ontvang wanneer dit deur hul aanlyn platform bestel word. Aflewerings word direk by die skool gedoen vir maklike afhaling.
🔹 Afslagkode: JvR
Voeding speel ‘n kritieke rol in sportprestasie, uithouvermoë en herstel. Ons wil ons atlete aanmoedig om gesonde keuses te maak – ‘n pastei en ‘n Coke voor ‘n wedstryd gaan nie help om top prestasies te lewer nie! Daarom ingesluit in die skakel is voedingsgidse met riglyne oor watter produkte en maaltye ideaal is voor, tydens en ná kompetisie.
Hierdie is ‘n fantastiese geleentheid om ons sportontwikkeling na die volgende vlak te neem – dankie vir julle ondersteuning!
0 Shares
X