Volg die onderskeie skakels vir hul vakansieprogramme.
Dis juis in hierdie tye waar jy interskole wen of verloor: Spelers wat tydens die vakansie aanhou werk, kom sterker terug.
Die programme is spesiaal ontwerp vir spelers wat nie in die vakansie speel nie, sodat hulle ‘n doelgerigte en volhoubare roetine kan volg. As hulle dit getrou doen, sal hulle beslis beter terugkom as voorheen.
Ons moedig spelers aan om:
-
kort video’s of foto’s van hul oefeninge in te stuur,
-
Strava-groepe te begin en te kyk wie die wen tyd vir 5km het,
-
mekaar uit te daag met die programme.
Dis nie net ‘n manier om fiks te bly nie, maar ook ‘n wonderlike spanbougeleentheid. Hoe meer leerders saam oefen en mekaar motiveer, hoe sterker kom ons as ‘n eenheid terug.