Na ‘n baie suksesvolle sportdag teen Curro Langebaan waar ons 14 wedstryde gespeel het, 11 gewen het, 1 gelykop gespeel het en slegs 2 verloor het, is ons ongelooflik trots op elke Jan van Riebeecker!
Al was die weer nie in ons guns nie en moes ons ongelukkig ‘n paar netbalwedstryde kanselleer (waarvoor ons opreg jammer is), was dit wonderlik om te sien hoe die leerders mekaar ondersteun en saamstaan. Dankie ook aan elke leerder wat getrou in skooldrag die dag afgesluit het met ons geeslied – dit het die dag op ‘n hoogtepunt laat eindig.
Hier is belangrike inligting vir die komende sportdag teen Hoërskool Vredenburg:
- 🕔 Vertrektyd van busse: 05:00 vanaf Hoërskool Jan van Riebeeck
- Klere: Alle leerders moet in volledige skooldrag opdaag – ongeag of hulle van die bus of privaat vervoer gebruik maak. Na afloop van hulle wedstryde moet leerders weer skooldrag aantrek en bly tot ná die 1ste span rugbywedstryd.
- 🎶 Ons sluit die dag af met die geeslied, waarna die busse vertrek.
- 📄 Die finale program soos ontvang van Hoërskool Vredenburg is aangeheg.
Belangrik: Geen kaartfasiliteite is beskikbaar by die ingang nie – slegs kontant (leerders in skooldrag kry gratis toegang).
Ons sien daarna uit om almal Saterdag in Vredenburg te verwelkom.
Geen DNA, net JvR!