Met die laaste somerwedstryde en galas wat nou afgehandel word, is ons opgewonde om ons wintersportseisoen af te skop! Rugby en netbal begin sterk met deelname aan die Zebrafees in Piketberg oor twee weke, terwyl ons hokkiespanne voorberei vir vriendskaplike wedstryde die komende naweek teen Bergvliet en die Co-Ed Hokkiefees.
Hokkie, netbal en rugby se oefentye is van 14:30 tot 16:00 op Dinsdae en Donderdae vir kwartaal 1.
Ons waardeer die toewyding van ons eerstespanspelers in die somerkodes en gee hulle die geleentheid om hul seisoene suksesvol af te handel.
Intussen wens ons die 45 atlete, wat provinsiaal gaan deelneem, baie sterkte toe met die WP-Kampioenskappe volgende naweek.
Let asseblief op: Volgende week hou ons ouer-informasiesessies vir netbal, hokkie en rugby. Hier sal ons die afrigters voorstel en belangrike inligting deel oor bepalings en oefentye. Daar is ook Whatsapp community groepe vir die verskillende sportsoorte waar inligting gedeel gaan word.
Hieronder is die sportprogram vir die komende weke, sowel as die volledige sportkalender vir die jaar.
Sterkte aan al ons spanne en atlete – ons sien uit na ‘n seisoen vol trots en prestasie!
1 Share
X