Moedig asseblief familie en vriende aan om by Woolworths se MyDifference program aan te sluit, of om hul huidige begunstigde-organisasie op te dateer en Hoërskool Jan van Riebeeck as die saak te kies wat hulle wil ondersteun.
Daar is twee maniere waarop ons kan wen:
- 🏆 Hoofprys van R100 000 – Die organisasie wat die meeste nuwe ondersteuners werf wat hulle as hul gekose saak aanwys, wen die groot prys.
- 💰 Een van 20 kontantpryse van R20 000 elk – Indien ons 250 nuwe ondersteuners kry wat Hoërskool Jan van Riebeeck as hul gekose saak kies, word ons outomaties ingeskryf vir ‘n gelukstrekking waar 20 wenners lukraak gekies sal word.
Die kompetisie duur van 21 Julie tot 31 Augustus. Elke nuwe ondersteuner bring ons ‘n tree nader aan hierdie fantastiese geleentheid.
Help ons om die woord te versprei en deel hierdie inisiatief met familie, vriende en kollegas. Baie dankie vir elkeen se ondersteuning!