Die Rekeningkunde-werksboeke se voorraadgetalle is baie beperk en ons wil voorkom dat leerders sonder werksboeke in 2027 sit.
Dus wil ons vir ouers die geleentheid gee om alreeds dit hierdie jaar op die Karri-toep te betaal sodat ‘n bestelling geplaas kan word in November en die boeke dus alreeds in 2026 hier afgelewer kan word. Ons herinner ouers om dus voor 27 November die handboeke op die Karri-toep te betaal. Die Karri-lyste sal teen Maandag gereed wees.