Alle voogde of ouers van graad 8-leerders wat in die laerskool van assessering akkommodasies / konsessies gebruik gemaak het, moet asseblief teen Vrydag, 20 Februarie, vir mev. Nimmo per e-pos by annelie.nimmo@janvanriebeeck.co.za daarvan in kennis stel. U moet asseblief ook die leerder se opvoedkundige verslag in elektroniese formaat by die e-pos aanheg en stipuleer watter konsessies die leerder tydens die toetsweek gaan gebruik.