Die groep leerders wat Cambridge A levels by Hoërskool Jan van Riebeeck neem, se eksamen vir Maths IGCSE, AS en A2 level vind in April en Mei 2026 plaas. Ouers van hierdie leerders het ‘n skrywe op 22 Januarie ontvang met inligting rondom die registrasie van die leerders.  Indien u kind die eksamen wil skryf, moet u asseblief die nodige vorms (insluitend bewys van betaling asook identifikasie van die leerder) invul, skandeer en vir me. Meyer e-pos (sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za). Dit moet op die laatste 2 Februarie ingedien word. Enige navrae kan aan me. Meyer (sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za) gerig word.

0 Shares
X