Ons jaarlikse graad 12-prysuitdelingseremonie vir 2026 vind vanjaar op Donderdag 8 Oktober 2026 om 18:00-20:30 in die skoolsaal plaas. Alle graad 12-toekennings word tydens hierdie funksie gemaak, maar ook alle graad 10 en 11 sport-, kultuur- en buitemuurstoekennings. Die graad 10 en 11 akademiese toekennings sal vroeg in 2027 gemaak word. Hierdie geleentheid is ‘n verpligte funksie vir die hele skool en alle leerders moet dit bywoon. Indien u kind weens ander verpligtinge nie die funksie kan bywoon nie, moet u asseblief teen Dinsdag, 6 Oktober, per e-pos by die leerder se graadhoof verskoning maak.
Alle graad 10 tot 12 pryswenners se ouers / voogde sal op Maandag 6 Oktober ‘n  uitnodiging per sms / WhatsApp ontvang. Hou asseblief u selfoon se posbus vir hierdie uitnodiging dop. ‘n Elektroniese uitnodiging sal ook op die WhatsApp groepe geplaas word en sal ook dien as u toegangskaartjie.
Alle leerders moet op 8 Oktober om 17:30 aantree soos vir saal en sal dan na hul sitplekke in die saal vergesel word. Pryswenners moet ook reeds om 17:30 hul sitplekke in die saal inneem. Na die seremonie sal daar in die Welgemeend ligte verversings aan alle ouers bedien word.
0 Shares
X