Volg gerus die skakel vir die 2027 graad 9 – 12 handboek- en skryfboeklyste:

https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/11/Graad-9-11-–-2027-Inligtingsboekie.pdf

Na verskeie versoeke van ouers het óns ‘n dokument geskep vir die koop en verkoop van tweedehandse boeke. Gebruik die skakel om die dokument te besigtig.Tweedehandse boeke vir 2027.xlsx

Let asb. op die volgende reëlings.

Hierdie dokument is vir die koop en verkoop van tweedehandse skoolboeke vir skool.

BELANGRIK:

  • Belangstellendes kontak die verkoper direk per privaat boodskap.
  • Verkopers moet asb. seker maak hulle lys die handboeke by die korrekte graad.
  • Sodra die item verkoop is, is dit die verkoper se verantwoordelikheid om die ‘BESKIKBAARHEID’ kolom se opsie te verander na verkoop.

NIE TOEGELAAT:

  • Ander advertensies of items

ADMINISTRASIE:

  • Admins mag plasings verwyder wat nie aan die reëls voldoen nie.
  • Alle transaksies geskied op eie risiko
  • Tweedehanse boeke / pakkies mag onder geen omstandighede by ontvangs, sekuriteit of personeellede afgelaai word nie. Alle reëlingss moet direk tussen ouers en / of kinders geskied.

 

X