Alle graad 10 tot 12 leerders word uitgenooi om aan die HOZA Geskiedenis olimpiade, wat op 14 Mei plaasvind, deel te neem. Hierdie olimpiade is vir seniors en vind aanlyn plaas. Die inskrywingsfooi is R70 per leerder en betalings kan op Karri gedoen word. Inskrywings sluit op Maandag, 4 Mei.