Alle graad 8 en 9 leerders word uitgenooi om aan die HOZA Geskiedenis olimpiade, wat op 13 Oktober plaasvind, deel te neem. Hierdie olimpiade is vir juniors en vind aanlyn plaas. Die inskrywingsfooi is R70 per leerder en betalings kan op Karri gedoen word. Inskrywings sluit op Dinsdag, 6 Oktober.