Daar is op 24 Maart 2026 uitnodigings gestuur aan alle Graad 9- en Graad 10-ouers van leerders wat kwalifiseer vir die IGCSE Wiskundeprogram en die A Level-program vir onderskeie vakke. Inskrywings vir die programme wat die skool aanbied, sluit op 13 April 2026. Die begin van die IGCSE-program sal in die week van 28 April wees en die AS asook A2 program sal afskop na afloop van die Cambridge eksamens in die week van 18 Mei. Enige navrae kan aan me. Meyer gerig word.