Ons Kwartaal 1-toetsreeks skop op Maandag, 9 Maart 2026 af.
Hiermee volg die verloop van die skooldag vanaf 9 Maart tot Woensdag, 18 Maart:
Daar sal ’n studielokaal beskikbaar wees vir leerders wat nie dadelik om 12:45 afgehaal kan word nie.
Die skoolbusse kan ongelukkig nie 12:45 reeds leerders vervoer wat nié by sport/buitemuurs betrokke is nie. Alle busleerders vertrek na sport/buitemuurs om 14:15. 
Leerders moet asseblief ook daarop let dat hul nie gedurende die skooldag studietyd voor of na ’n toets sal ontvang nie. Daar word voorsiening gemaak vir akademiese periodes, revue-oefening, olimpiades, saalbyeenkomste en ander skoolaksies. Leerders sal in die meeste gevalle onmiddellik in die oggend begin skryf.
Die skool sal op Donderdag en Vrydag, 19 en 20 Maart om 14:15 verdaag. Leerders ontvang op hierdie twee dae hul antwoordstelle en punte vir kontrolering.
By voorbaat dankie vir u samewerking. Ons wens al ons Jan van Riebeeckers sterkte toe met dié belangrike formele assesserings.
Volg die skakel vir die toetsreeks.
0 Shares
X