Inskrywings sluit die 20ste Februarie. Leerders (Graad 10-12) kan vir dié olimpiade in Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidstudies inskryf. Leerders kan dus al drie komponente of slegs twee of een skryf en die koste beloop dieselfde. Graad 9 leerders kan vir dié Graad 9 olimpiade inskryf.
Koste (Betalings via Karri-toep):
- R100 vir Graad 10 – 12
- R60 vir Graad 9 leerders.
Die eerste ronde vir Graad 10 – 12 vind op 6 Mei 2026 om 14:30 in me. Meyer se lokaal plaas. Indien leerders kwalifiseer, vind die tweede ronde op 29 Julie 2026 plaas. Die eerste ronde vir Graad 9 vind op 29 Julie 2026 om 14:30 in me. Meyer se lokaal plaas.
Leerders wat belangstel kan by me. Meyer, me. Von Versen of mnr. Henning inskryf. Ons sien uit na ‘n groot aantal inskrywings en moontlike pryswenners hierdie jaar.
Enige navrae kan aan me. Meyer (sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za) gerig word.