Inskrywings sluit die 17de April 2026.
Leerders (Graad 10-12) kan vir dié olimpiade in Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidstudies inskryf. Datums van die Olimpiade is 6 Mei (Ronde 1) en 29 Julie (Ronde 2) om 14:30.
Leerders kan dus al drie komponente of slegs twee of een skryf en die koste beloop dieselfde. Graad 9-leerders kan vir dié Graad 9 EBW-olimpiade inskryf wat op die 29ste Julie plaasvind.
Koste: R120 vir Graad 10 – 12, R80 vir Graad 9-leerders. Betalings via Karri.
Ons sien uit na 100+ inskrywings en moontlike pryswenners hierdie jaar. Daar het reeds 70 leerders vir hierdie Olimpiade ingeskryf, dankie aan almal se ondersteuning.
Enige navrae kan aan me. Meyer gerig word.