Baie dankie aan almal vir u samewerking die afgelope week met die nuwe aflaaireëling soggens – dit het uitstekend verloop.
Die gewone inganghek (langs die sekuriteitshuisie) sal dus toe bly soggens en ons sal slegs ’n eenrigting-deurry prosedure bly volg: in by die verste hek in Hofmeyrstraat, vinnig stop en aflaai, deurry en dan uitry by die hek in Stephenstraat.
Ons versoek vriendelik dat geen ouer links draai na die parkeerarea wanneer u die skoolgronde binnery nie en ook nie omdraai om by dieselfde hek in Hofmeyrstraat uit te gaan nie.
Dit is goed om te sien dat baie meer leerders die onderste hek in Kloofstraat gebruik – dit bly steeds die vinnigste en maklikste opsie.
Let asseblief ook daarop dat die motorhek in Hofmeyrstraat stiptelik om 7:35 sluit.
Enige leerder wat laat is vir skool, moet by die onderste hek in Kloofstraat inkom en dadelik by Ontvangs aanmeld.
Nogmaals dankie vir almal se samewerking in die verband!