Getuigskrif-aansoekvorms word in die eerste week van die derde kwartaal aan matrieks uitgehandig. Die inhandigingsdatum is Vrydag, 31 Julie in die tweede week.

Geen laat-inhandiging word aanvaar nie.

Getuigskrifte is ’n voorreg en nie ’n reg nie. Getuigskrif-aansoekvorms word uitgegee sodat die leerders genoeg tyd het om dit te voltooi. Afrigters en personeel moet teken dat ’n leerder se inligting by ’n item korrek is en alle bewyse ( profensiale kleure ens) moet aangeheg word waar nodig. Die voltooide vorm word ingehandig by die registerklasse in die tweede week van die derde kwartaal. Die finale getuigskrifte van voltooide aansoekvorms word uitgehandig in Desember 2026 op die dag wat leerders hul laaste taalvraestel in die NSS-eksamen skryf.

Enige navrae kan direk aan me. H. Steyn gerig word by huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za.

0 Shares
X