Die Departement van Basiese Onderwys het onlangs ’n wysiging aan die amptelike Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) finale eksamenrooster gemaak. Hierdie verandering het ’n direkte invloed op die skool se jaarprogram, en dit is daarom noodsaaklik om sekere datums aan te pas om te verseker alle skoolverpligtinge betyds afgehandel word.
Ons versoek dus dat u kennis neem van die volgende gewysigde datums vir die vierde kwartaal:
  • 6 Oktober – Skool heropen (eerste skooldag vir kwartaal 4)
  • 8 Oktober
    • Prysuitdeling: Sport en Kultuur (Graad 8–12)
    • Akademiese Prysuitdeling: Graad 12
  • 9 Oktober – Witrokdag
Ons besef hierdie veranderinge plaas moontlik aanpassings op gesinne, en ons waardeer u begrip en samewerking. Dit bly ons prioriteit om ons matrieks so goed moontlik te ondersteun in hul finale voorbereidings vir die NSS-eksamen.
Baie dankie vir u voortdurende betrokkenheid by u kind se akademiese reis.
0 Shares
X