Graad 10-leerders kry in 2027 die geleentheid om aan ’n opwindende uitruilprogram na Namibië deel te neem, aangebied deur Youth For Understanding South Africa & Namibia (YFU).
Die uitruilprogram bied leerders die geleentheid om ’n ander kultuur te ervaar en nuwe vriendskappe te bou. Ouers wat belangstel dat hul kind aan die uitruilprogram deelneem, moet eers bereid wees om ’n Namibiese uitruilleerder tydens die besoek aan Suid-Afrika in April 2027 by hul huis te ontvang. Graad 10-leerders uit hierdie gasgesinne sal dan outomaties vir deelname aan die wederkerige besoek aan Namibië oorweeg word.
Belangrike sluitingsdatum: 31 Oktober 2026
Belangstellende ouers moet asseblief die aanlyn registrasievorm teen die sluitingsdatum voltooi om hul gesin as gasgesin te registreer.
Registreer hier: https://forms.gle/zBYLVagHQeay8Uch9
Vir verdere inligting, raadpleeg asseblief die aangehegte inligtingsbrief. Navrae kan gerig word aan Lena Gronbach, Nasionale Direkteur van Youth For Understanding South Africa & Namibia.
Ons moedig belangstellende gesinne aan om betyds te registreer!