Ons jaarlikse graad 8-11 prysuitdelingseremonie vir 2025 se prestasies vind vanjaar op Woensdag, 28 Januarie 2026, om 18:00-21:00 in die skoolsaal plaas. Hierdie geleentheid is ‘n verpligte funksie vir die hele skool en alle leerders moet dit bywoon. Indien u kind weens ander verpligtinge nie die funksie kan bywoon nie, moet u asseblief teen Maandag, 26 Januarie, per e-pos by die leerder se graadhoof verskoning maak.
Alle graad 9 tot 12 pryswenners se ouers / voogde sal later vandag (Vrydag 23 Januarie) ‘n uitnodiging per sms ontvang. Hou asseblief u selfoon se posbus vir hierdie uitnodiging dop. ‘n Elektroniese uitnodiging sal ook op die WhatsApp-groepe geplaas word en sal ook dien as u toegangskaartjie.
Alle leerders moet om 17:30 aantree soos vir saal en sal dan na hul sitplekke in die saal vergesel word. Pryswenners moet ook reeds om 17:30 hul sitplekke in die saal inneem. Na die seremonie sal daar in die Welgemeend ligte verversings aan alle ouers en eregaste bedien word.