Baie geluk met jul besluit om in 2027 deel te word van die Hoërskool Jan van Riebeeck-familie!
Ons sien daarna uit om julle amptelik te verwelkom en nooi graag alle nuwe graad 8-leerders en hul ouers uit na ons Graad 8 Inligtingsoggend.
Hierdie oggend bied aan julle die geleentheid om meer uit te vind oor die skool, die akademiese- en buitemuurseprogram, belangrike praktiese reëlings vir 2027 en wat julle kan verwag wanneer die nuwe skooljaar begin.
Dit is ook ’n uitstekende geleentheid om vrae te vra, belangrike inligting te ontvang en reeds ’n bietjie van die Jan van Riebeeck-gees te ervaar.
Ouers sal ook op die dag afsprake kan maak vir die aanpas en aankoop van skooldrag. ’n Skakel vir verdere afsprake sal ook met u gedeel word.
Baie belangrik: wees op die uitkyk vir nog een e-pos met belangrike vorms wat uitgedruk en voltooi moet word (belangrike inligting vir ons skool-adminstelsel, ens.) en in ’n koevert saamgebring moet word na die geleentheid volgende Saterdag. Hierdie e-pos sal eerskomende Maandag, 12 Oktober 2026, aan u gestuur word.
Ons moedig alle nuwe graad 8-leerders en hul ouers aan om die geleentheid by te woon.
Ons kan nie wag om julle op ons kampus te verwelkom nie!
Welkom by die JvR-familie – ons sien uit na ’n besonderse reis saam met julle!