Na ’n suksesvolle junior interhuis-kriekettoernooi was dit die seniors se beurt om die veld te betree. Ná drie opwindende wedstryde het Reijger met ’n naelbyt-vertoning as wenners uit die stryd getree. Jan Karsten is aangewys as die beste kolwer, terwyl Johann Loubser die toekenning vir beste bouler ontvang het. Die Reijger-span was egter nog nie klaar nie en het hul goeie vorm voortgesit met ’n oorwinning oor die onderwyser-span. Die kampioene loop uiteindelik weg met ’n SA20-hoed en ’n welverdiende koeldrankie.

0 Shares
X