Ons herinner graag dat alle dogters vanaf die eerste dag van die tweede kwartaal slegs die lang vlootblou-sokkies mag dra.
Kontak asseblief vir me. Sanette van Loggerenberg by skoolwinkel@janvanriebeeck.co.za indien u nog nie die sokkies aangekoop het nie en reëlings in die verband moet tref.
Ons sal ook vroeg in die tweede kwartaal die datum bevestig wanneer wintersdrag verpligtend raak – ons wil eers ’n beter idee van die verandering in weersomstandighede bepaal.
Maak asseblief intussen seker dat u die korrekte vlootblou sykouse (Navy Opaque, 44 Decitek) aanskaf indien nodig. Dié sykouse is by Woolworths, Discem, Clicks, Ackermans en ons skoolwinkel (beperkte voorraad) beskikbaar.
Baie dankie vir almal se samewerking.