Die Matriekraad van Hoërskool Jan van Riebeeck doen ’n beroep op alle Jan van Riebeeckers om hande te vat en hierdie gesinne in hul tyd van nood by te staan.
Waar kan julle skenkings afgee?
Alle skenkings kan by die skool se ontvangs of by Juf. Steyn se kantoor ingehandig word. Die Matriekraad sal reël dat dit afgelewer word.
Elke bydrae, hoe klein ook al, kan ’n groot verskil maak. Kom ons wys dat ons as Jan van Riebeeckers omgee deur ons woorde in dade om te sit. Kom ons leef ons waardes uit en wees ’n hand van hoop vir mense wat alles verloor het. Baie dankie aan elkeen wat bereid is om deel te wees van hierdie omgee-inisiatief!