Is jou kind gereed om sy/haar volle potensiaal te bereik?
Ons Skoolgebaseerde Ondersteuningspan bied in die derde kwartaal ‘n uitgebreide kursus in studiemetodes aan, spesifiek ontwerp vir graad 8-12 hoërskoolleerlinge. Dit word deur Elevate Education, ‘n internasionaal erkende opvoedkunde maatskappy aangebied.  Hierdie kursus is in Afrikaans en rus leerders toe met praktiese en bewese studiemetodes om hulle te help om effektief te studeer, tyd te bestuur en hul eksamens met selfvertroue aan te pak.
Besonderhede:
📅 Datum: Maandag, 17 Augustus 2026
⏰ Tyd: 14:30 – 16:00
📍 Plek: RTT-lokaal
💰 Koste: R200 per leerder (betaling kan op Karri gedoen word en inskrywings sluit op 31 Julie)
Moenie hierdie geleentheid misloop nie — ‘n belegging in goeie studiegewoontes is ‘n belegging in jou kind se toekoms.
As u graag meer oor Elevate Education en die kursus wil weet, kyk gerus die volgende inligtingsvideo: https://vimeo.com/1181521987/c66daafd7e
0 Shares
X