Die gewilde Moordraaisel-aand is terug! Die Rasieleiers is opgewonde om hierdie jaar ‘n speuraand reg uit die Wilde Weste aan te bied ten bate van hulle afrigtingsfonds.
Volg gerus die skakel vir verdere inligting en die inskrywingsvorm. Indien u nie genoeg spelers het om ‘n tafel vol te maak nie kan u enkelkaartjies of ‘n kaartjie aanskaf en u sal dan ingedeel word saam met ander verdagtes
en u karakter vir die aand sal aan u deurgegee word.
Inskrywingsvorms moet asseblief spoedig moontlik aan marisa.drummond@gmail.com deurgestuur word om vroegtydig karakterbeskrywings en alibi’s te ontvang. Onthou, dit is ‘n geheim!
0 Shares
X