As gevolg van verskeie aktiwiteite wat by die skool plaasvind, is daar dae waarop spesiale reëlings vir die skoolprogram geld.

Let asb. op die veranderinge / reëlings soos hier gelys:

  • 13 April, Maandag:
    • Kleedrepetisie vir die revue (07:35 – 14:15) en buitemuurseprogram gaan voort soos normaal.
      • Leerders kom reeds aangetrek in hul swart klere vir die konsert skool toe.
  • 15 & 16 April, Woensdag en Donderdag:
    • Skool verdaag op beide dae om 13:00 a.g.v die Laerskool ATKV-Redenaars wat op ons kampus plaasvind.
    • Buitemuurseprogram gaan voort, maar teen vervroegde tye. Die betrokke onderwysers sal met leerders reël.
  • 19 April, Sondag:
    • Leerders meld die oggend om 10:30 vir 11:00 by hul konsertlokale aan.
    • Volledige kleedrepetisie gaan plaasvind voordat die vertoning om 15:00 begin.
    • Leerders moet asb. vir hulle iets te ete en te drinke vir die middag inpak.
    • Leerders kan die aand na die vertoning ongeveer 18:00 weer opgelaai word. Ons sal u op hoogte hou via die WhatsApp-gemeenskap
  • 20 April, Maandag:
    • 07:35 – 14:15 Gewone skooldag
    • 14:30 – 15:30 Buitemuurseprogram (Marimba 1 sal alternatiewe reëlings tref)
    • 17:30 Leerders meld aan vir die aand se vertoning.
    • 19:00 Vertoning begin.
  • 21 April, Dinsdag:
    • 7:35 – 14:15 Gewone skooldag
    • 14:30 – 15:30 Buitemuurseprogram (Bergfiets en Landloop sal alternatiewe reëlings tref)
    • 17:30 Leerders meld aan vir die aand se vertoning
    • 19:00 Vertoning begin
  • 22 April, Woensdag:
    • 7:35 – 14:15 Gewone skooldag
    • 14:30 – 15:30 Buitemuurseprogram
    • 17:30 Leerders meld aan vir die aand se vertoning.
    • 19:00 Galavertoning begin.
  • 23 April, Donderdag:
    • 7:35 – 14:15 Gewone skooldag
    • Normale buitemuurseprogram gaan voort.
    • Netbalwedstryde vs Melkbosstrand
    • UCT-Wiskunde-olimpiade vind plaas. Leerders wat netbalwedstryde speel, sal na hul wedstryd vertrek.
  • 24 April, Vrydag:
    • 12:00 Skool verdaag om alle leerders te bedank vir hul groot opoffering en gees tydens die revue.

Let wel: Alle verlore akademiese tyd word later die kwartaal teruggewerk. Ons halfjaareksamen word ook na Junie geskuif- alle inligting en datums volg in volgende week se Vrydagflitse.

0 Shares
X