Ons is baie trots op Hoërskool Jan van Riebeeck se koor wat vanjaar uitgenooi is om aan die openingseremonie van die Suidoosterfees deel te neem.
By hierdie geleentheid, wat op 29 April om 18:30 by Artscape plaasvind, sal ons koor saam met die alombekende sangeres, Anna Davel, optree.
Ons moedig u aan om ons koor by hierdie spoggeleentheid te ondersteun.
Kaartjies kan bekom word deur die volgende skakel te volg: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1587762143