Ons nooi elke gesin, oudleerder, personeellid en vriend van Jan van Riebeeck uit om deel te word van ’n unieke en geskiedkundige projek: Ons eie tydkapsule in die Rooiplein!

Teen R500 kan u ’n persoonlike houer (24cm x 17cm x 5cm) bekom wat u met spesiale items kan vul – voorwerpe, foto’s, briewe, koerantknipsels, skoolherinneringe of enigiets wat vir u die gees en tydsgees van Jan van Riebeeck vandag vasvang. Hierdie houers sal tydens ’n spesiale funksie op 26 Februarie in ’n tydkapsule in die Rooiplein begrawe word.

Die kapsule sal eers oor 100 jaar weer oopgemaak word – en dan vir toekomstige geslagte ’n kosbare blik gee op wie ons was, wat vir ons belangrik was en hoe ons skoolgemeenskap in 2026 gelyk en gevoel het. Dit is ’n besonders mooi manier om ons storie, ons trots en ons drome vir die toekoms te bewaar.

Ons moedig u hartlik aan om saam met u kinders en familie te dink oor wat u graag vir die toekoms wil nalaat. Elke houer is ’n stem uit die verlede wat oor ’n eeu nog gaan praat. Kom wees deel van hierdie geskiedkundige projek en help ons om ’n tydkapsule te skep wat werklik die hart van Hoërskool Jan van Riebeeck weerspieël.

Vir meer inligting of om u houer te bespreek, kontak asseblief vir Jana by 0834599965.

1 Share
X