Twee ouerlede van die beheerliggaam se termyne het laasjaar tot ‘n einde gekom: Chris van der Merwe en Samuel Mars se kinders het graad 12 voltooi; dus moet die twee vakatures nou gevul word.
Ons het reeds verlede jaar pro-aktief opgetree en die volgende twee persone op die beheerliggaam gekoöpteer en hulle het hulself vanjaar verkiesbaar gestel:
  • Susan van der Walt
  • Marié Cruywagen
Enige ouer is nou ook welkom om ander ouers in ons skoolgemeenskap te nomineer: ‘n Ouer van ‘n leerder van ons skool, wie se naam op die kieserslys van die skool is, mag enige ander ouer van ‘n leerder wat die skool bywoon wie se naam op die keiserslys van die skool is benoem, of sodanige ouer se benoeming sekondeer, deur ‘n voltooide benoemingsvorm teen nie later nie as 17 Februarie 2026 teen 12:00 by die skool af te lewer.
Benoemingsvorms is by ontvangs beskikbaar.
‘n Verkiesing sal op Maandag, 2 Maart 2026 om 17:00-18:00 in die skoolsaal gehou word indien daar meer as die twee bogenoemde kandidate genomineer word.
Meer inligting rakende die tussentydse verkiesing sal volg.
0 Shares
X