Ons het die voorreg om hierdie jaar weer aan die Radio Tygerberg Vreesloos-uitdaging deel te neem. Vier van ons leerders en personeel het Donderdag gewys hoe vreesloos hulle is en dit het vir groot pret en spanbou gesorg.

As deel van die uitdaging is daar ’n video van ons deelname op Radio Tygerberg en die skool se Facebook– en Instagram-bladsye gedeel. Hierdie video speel ’n belangrike rol in die kompetisie, aangesien die aantal “likes” en “shares” direk bydra tot die skool se punte.

Ons doen dus ’n beroep op alle ouers, leerders en ondersteuners om die video te gaan kyk, te “like” en wyd te deel. Elke interaksie maak ’n verskil en help ons skool om nog verder te presteer.

Kom ons staan saam, wees vreesloos en wys wat ons as skool kan bereik!

0 Shares
X