By Hoërskool Jan van Riebeeck glo ons dat ’n skool se ware krag nie net in akademie of prestasie lê nie, maar in die waardes wat ons daagliks leef.  ’n Skool wat sterk waardes het, bly gesond, gefokus en op koers – in elke faset van die skoollewe: in die klaskamer, op die sportveld, in kultuuraktiwiteite, in ons koshuise, by sosiale-funksies en in ons verhoudings met mekaar. Waardes vorm karakter, en karakter vorm die mense wat ons kinders eendag sal wees.

Daarom loods ons in 2026 ons kernwaarde-projek: “Waardevol – Ons leef dit!”

Want by HsJvR glo ons:

Ons praat dit nie net nie… ons leef dit.

Hoe gaan ons dit doen?

Vanaf April tot November fokus ons elke maand doelbewus op een van ons agt kernwaardes. Hierdie waardes sal nie net bespreek word nie, maar sigbaar geoefen en uitgeleef word deur:

  • Kort en kragtige saalboodskappe
  • Praktiese klasgesprekke
  • VRL & MR inisiatief
  • Leerderbetrokkenheid
  • Erkenning aan leerders wat waardes uitleef
  • Visuele plakkate en digitale platforms
  • Eenvoudige, praktiese aksies wat elke leerder kan toepas

Ons doel is eenvoudig: Dat elke Jan van Riebeecker nie net die waardes ken nie – maar dit persoonlik sal beleef en uitleef.

Ons kernwaardes per maand:

  1. April – Eerlikheid
    • “Ek kies die waarheid – altyd.”
  2. Mei – Verantwoordelikheid
  • “Ek doen wat myne is om te doen.”
  1. Junie – Respek
  • “Respek toon in hoe ek praat en optree.”
  1. Julie – Betroubaarheid
  • “My span kan op my staatmaak.”
  1. Augustus – Medemenslikheid
  • “Ek sien ander raak en ek gee om.”
  1. September – Trots
  • “Ek dra my skool en myself met trots.”
  1. Oktober – Volharding
  • “Ek gee nie op nie – ek probeer weer.”
  1. November – Regverdigheid
  • “Ek doen wat reg is – vir almal.”

Ons vra asseblief u ondersteuning: Ons ouers/voogde speel ’n onvervangbare rol in die vestiging van ons skool se waardes. Wat by die huis bevestig word, word in die skool versterk – en andersom.

Ons nooi u om saam met ons hierdie pad te stap deur:

  • Met u kind oor die maand se waarde te gesels
    • Praktiese voorbeelde tuis raak te sien en te noem
    • Dieselfde waardes saam met ons te gebruik
    • U kind aan te moedig om dit doelbewus uit te leef

Wanneer skool en huis saamwerk, bou en vorm ons nie net goeie leerders nie – ons bou sterk, gebalanseerde jongmense met ‘n onwrikbare karakter. Ons droom is dat elke HsJvR-leerder aan die einde van die 2026 nie net die 8 waardes kan noem nie, maar kan sê: “Hierdie waardes het my verander. Ek leef dit.”  Dankie dat u  saam met ons hierdie belangrike projek aanpak. Ons sien uit daarna om saam ’n skoolkultuur te bou waar karakter in aksie sigbaar is.

0 Shares
X