Ons sien baie uit na ons besondere 100-jaar-feeskonsert eerskomende Woensdag, 21 Oktober!

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike reëlings:

NUWE VENUE
Weens verskeie logistieke beperkings by die Kaapstadse Stadsaal het ons besluit om die konsert na Hoërskool Jan van Riebeeck se skoolsaal te verskuif. Ons is ook opgewonde om ons besondere jaar hier by die huis dan as skoolfamilie af te sluit.

LEERDERS BLY BY DIE SKOOL
Alle leerders bly Woensdag ná skool op die skoolterrein ter voorbereiding van die konsert. Daar is geen ander buitemuurse aktiwiteite Woensdagmiddag nie. Leerders moet netjies in volle somerdrag geklee wees die hele dag.

ROETEBUSSE
Geen roetebusse sal Woensdagmiddag ná skool vertrek nie. Die roetebusse vertrek eers om 22:00 ná afloop van die konsert.

GRATIS ETE VIR LEERDERS
Ons voorsien graag om 17:00 ’n gratis ete aan alle leerders wat by die skool bly.

BELANGRIK: Ouers moet asseblief op Karri aandui of hul kind van die gratis ete gebruik gaan maak sodat ons die nodige voorsiening kan tref. Koshuisleerders sal nie op die Karri-lyste verskyn nie.

KAARTJIEBESPREKINGS
Ons nooi al ons ouers, families en vriende hartlik uit om hierdie besondere mylpaal saam met ons te vier!

Bespreek gerus julle kaartjies hier: https://www.quicket.co.za/events/400188-horskool-jan-van-riebeeck-100-feeskonsert/

Een skool. Een gemeenskap. Eenhonderd jaar se stories.

Ons sien daarna uit om saam met julle ’n onvergeetlike feesaand te beleef!

0 Shares
X