Namens Hoërskool Jan van Riebeeck sê ons opreg dankie vir u ruim bydraes wat dit moontlik gemaak het om ons skoolgronde op te knap en te verfraai.
Dankie vir die finansiële ondersteuning waarmee nuwe aanwysingsborde, lamppale en die pragtige potte met olyfbome geïnstalleer kon word. Hierdie verbeterings dra nie net by tot ’n netjiese, veilige en uitnodigende skoolomgewing nie, maar versterk ook die trots wat ons almal in Jan van Riebeeck koester.
U betrokkenheid en bereidwilligheid om in ons skoolgemeenskap te belê, maak ’n tasbare verskil aan elke leerder, ouer en personeellid wat daagliks hier instap. Ons waardeer dit opreg en beskou dit as ’n voorreg om saam met ouers soos u aan die toekoms van ons leerders te bou.
Baie dankie dat u saam met ons hande vat om Hoërskool Jan van Riebeeck nóg mooier en beter te maak.

