Ons wil graag vir Jimmy Symmonds en die span van Happy by Nature – Indigenous Nursery & Botanical Studio, hartlik bedank vir die pragtige tuinwerk wat onlangs op Hoërskool Jan van Riebeeck se terrein gedoen is.

Die inheemse plante en deurdagte uitleg het ons skoolgronde merkbaar verfraai en ’n rustige, natuurlike ruimte geskep waar leerders, personeel en ouers kan asemhaal en die natuur waardeer. Hierdie projek sou nie moontlik gewees het sonder die spesiale afslag wat Happy by Nature vir die skool toegestaan het nie – iets waarvoor ons opreg dankbaar is.

Happy by Nature leef werklik hul leuse uit: “Creating with Nature to Nurture Wellbeing.” Ons sien uit daarna om te sien hoe die tuin groei en floreer in die jare wat voorlê, en beveel hulle graag aan aan ons skoolgemeenskap en breër netwerk.

HAPPY BY NATURE – Indigenous Nursery & Botanical Studio
https://happybynature.com
hi@happybynature.com
072 505 5742 

 Takke:

Kirstenbosch Botanical Gardens, Gate 2, Rhodes Drive, Wynberg, 7800
83 Kloof Nek Road, Gardens, 8001

’n Groot dankie aan Happy by Nature dat julle saam met ons belê in ’n groener, gesonder leeromgewing vir ons leerders.

0 Shares
X