Neem asseblief kennis van die volgende reëling vir die langnaweek in die tweede kwartaal:
die naweek van 30 April tot 3 Mei word die koshuis uitverhuur. Ons koshuise is reeds verlede jaar vir hierdie tydperk bespreek, en geen koshuisleerder kan dus gedurende hierdie naweek in die koshuis geakkommodeer word nie.
LET WEL: Alle skoolaktiwiteite sal voortgaan en koshuisleerders moet alternatiewe verblyf (bv. by maats oorslaap) self reël indien hulle by aktiwiteite betrokke is. Geen koshuisleerder kan van aktiwiteite verskoon word nie.
Reëlings:
Leerders moet die koshuis Donderdag, 30 April ná skool (teen 15:00) verlaat.
Leerders kan weer Sondagaand, 3 Mei vanaf 18:00 terugkeer.
Ons vertrou dat u die nodige reëlings betyds sal tref.
Hierdie tipe reëling vind regtig selde plaas, maar dit is vir ons belangrik om ons koshuise ook van tyd tot tyd beskikbaar te stel aan skole-sporttoernooie en ook om die skool en koshuise finansieel te ondersteun. Ons waardeer opreg u geduld, begrip en samewerking in hierdie verband.
0 Shares
X