Die Alma Nel Drama-ateljee nooi jou uit na ‘n besondere teateraand waartydens talentvolle jong verhoogkunstenaars, vanaf graad 2 tot matriek, die verhoog betree met oorspronklike temaproduksies.
Ons gee vir julle die afgeronde onafgerondheid van die menslike ervaring, toegedraai as ‘n geskenkie aan die einde van die jaar.
Kom lag saam. Kom voel saam. Trek aan en vaar die nag saam met ons in!
Want die grootste geskenk vir ‘n teaterspan is ‘n gehoor.
Dinsdag, 1 Desember | 18:00 | Hoërskool Jan van Riebeeck
X