Ons is baie opgewonde oor die JanArte Eisteddfod, wat volgende kwartaal vanaf 3 tot 7 Augustus plaasvind. Tydens hierdie viering van die kunste bied ons aan JvR-leerlinge en leerlinge van ’n verskeidenheid ander skole ’n veilige opvoeringsplatform, waartydens beoordelaars konstruktiewe terugvoering oor hul musiek- en drama-items lewer.
Om hierdie geleentheid glad te kan laat verloop, benodig ons egter hulp met registrasie en ander administratiewe pligte. Indien u kan help, sal ons dit hoog op prys stel. Vul asseblief u kontakbesonderhede op die meegaande vorm in en dui aan met watter sessies u kan help. (Let egter ook daarop dat hierdie skema onderhewig is aan klein veranderinge.)
VORM: https://docs.google.com/spreadsheets/d/1zOD65YK7z4MAN9NOxKRih7S6GcFRo3GPNFQ0fj0rrB8/edit?usp=sharing
Maandag 3 Augustus
- 08:00 – 10:15
- 10:15 – 12:30
Dinsdag 4 Augustus
- 08:00 – 10:15
- 10:15 – 12:30
- 13:30 – 15:15 (Middag)
- 15:15 – 17:00 (Middag)
Woensdag 5 Augustus
- 08:00 – 10:15
- 10:15 – 12:30
Donderdag, 6 Augustus
- 08:00 – 10:15
- 10:15 – 12:30
Vrydag, 7 Augustus
- 08:00 – 10:15
- 10:15 – 12:30
- 13:30 – 15:15 (Middag)
- 15:15 – 17:00 (Middag)