Ons is werklik opgewonde oor die JanArte Eisteddfod wat volgende week deur Hoërskool Jan van Riebeek aangebied word.
Vanjaar neem dertien skole aan ons viering van die Kunste deel. Kom ondersteun gerus die Kaap se jong musikante, sangers en akteurs of besigtig die JanArte Kunsuitstalling, waar die werke van die toppresteerdes in ons Visuele Kunste / Fotografie Kategorieë uitgestal word. Hierdie puik uitstalling sal gedurende die fees in die SK-klas oorkant die skoolsaal wees. Sluit ook gerus Vrydagmiddag tussen 12:50 en 13:30 by ons aan, wanneer ons die fees op ‘n hoë noot aflsuit, met ‘n optrede van Hoërskool Stellenbosch se koor.
Baie dankie aan al die ouers wat reeds aangedui het dat hulle volgende week kan help met die registrasie en ander administratiewe pligte wat verrig moet word om die gladde verloop van JanArte te verseker. Daar is egter nog ‘n paar leemtes wat gevul moet word en ons sal dit hoog op prys stel indien u ons hiermee kan help. Dui asseblief u bereidwilligheid aan deur u kontakbesonderhede op die meegaande vorm in te vul en aan te dui met watter sessie u kan help. https://docs.google.com/spreadsheets/d/1zOD65YK7z4MAN9NOxKRih7S6GcFRo3GPNFQ0fj0rrB8/edit?usp=sharing