Daar is eerskomende Dinsdagmiddag, 16 Junie, vanaf 14:00 tot 16:30, ‘n gesamentlike koor-en orkesoefening in die skoolsaal. Hierdie oefening is die enigste geleentheid vir die koor en orkes om hul gekombineerde items vir ons toer te oefen, en is daarom van die uiterste belang.
Alle koshuisleerlinge moet asseblief ‘n middagetepakkie saambring na die oefening. Hulle sal aandetepakkies van die koshuis ontvang. Huis Jordaan sal tussen 13:30 en 13:45 oop wees vir die aflaai van bagasie en Huis van der Merwe tussen 13:00 en 13:45.
Baie dankie vir u ondersteuning in hierdie verband. U sal eersdaags ‘n brief met al die finale toerreëlings ontvang.
0 Shares
X