Kom geniet ‘n onvergeetlike musiekaand gevul met talent, energie en hartroerende klanke!
By hierdie viering van die beste wat ons skool se musiekprogram bied sal die Hoërskoolkoor-en Orkes, die Laerskool se Junior-en Seniorkore en uitgesoekte soliste sorg vir ‘n aand propvol musikale hoogtepunte.
Die geleentheid vind by die Tamboerskloof NG-Kerk plaas en begin om 18:00. Kaartjies is beskikbaar op die Karri-toep, asook by die deure.
Moenie hierdie besondere aand van musiek en samesyn misloop nie!